Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Drama Sien Breyten Breytenbach se "Boklied" én "Verwelkingslied" by die KKNK in 2026 en bespaar 30% met die Breyten Breytenbach-pakket: Klik hier.
MET Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar TEKS Breyten Breytenbach VERWERKING Tessa Louw REGIE EN ONTWERP Marí Borstlap BELIGTINGSONTWERP Faheem Bardien KLANKBAAN Wilken Calitz VIDEO-ONTWERP Richard Thomson VERHOOGBESTUURDER Anina van de Wall ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Katy Jones VERVAARDIGER Suidoosterfees
In Breytenbach Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk?
Verwelkingslied is Breyten Breytenbach se ontroerende swanesang, kort voor sy dood in 2024 vir die Suidoosterfees geskryf en opgedra aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson.
’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en Momentum Aardklop, moontlik gemaak deur Spier Arts Trust, NATi, die Het Jan Marais Nationale Fonds en Audi Centre Claremont.
Afrikaans • Geen o. 13 OB • 70 min.