Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Wings of Light: Dance of an Angel

Wings of Light: Dance of an Angel

Wings of Light: Dance of an Angel

from 30 Mar 2026 09:30

About

Dansteater

MET Figure of 8 Dance Theatre en Jozi Youth Dance Company REGIE Figure of 8 Dance Theatre MUSIEK Mauritz Lotz CHOREOGRAFIE Figure of 8 Dance Theatre, in samewerking met die geselskap BELIGTINGSONTWERP Nell van der Merwe PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts VERVAARDIGERS Figure of 8 Dance Theatre en Suidoosterfees

Mauritz Lotz se nuwe musiekkomposisie vir ballet en kontemporêre dans het gehore vanjaar by die Suidoosterfees in verwondering gelaat. Twee ongelooflike gevestigde dansgeselskappe span kragte saam. Die musiek, wat in 2020 gekomponeer is, kan beskryf word as ’n “hibriede” werk vir moderne kontemporêre instrumente, orkes en koor.?
Dit?is ’n boeiende en eteriese dansproduksie wat die transformerende reis van ’n engel ondersoek, wat vasgevang is tussen die goddelike en die aardse sfeer. In hierdie driedelige kort dansproduksie word daar beweeg van die hemelse ryk, waar lig en harmonie heers, na die chaos en skoonheid van die aardse wêreld. Die dans vertel ’n storie van genade, weerloosheid en verlossing. Deur ’n betowerende mengsel van kontemporêre en klassieke dans bring die produksie ’n dans van transformasie – ’n herinnering dat daar selfs in oomblikke van ’n neerdaling skoonheid, lig en die potensiaal van ’n hergeboorte is. Benoem vir die Momentum Aardklop-uitklopprys in 2025.

Nieverbaal • Gesin • 25 min.

Venue

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat) - Funded  Location on Google Maps

Wings of Light: Dance of an Angel

30-MAR-2026 09:30

R80 - R110

31-MAR-2026 13:30

R80 - R110