Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
FEESDEBUUT
Dansteater
MET Figure of 8 Dance Theatre-geselskap TEKS EN REGIE Buhle Ngaba en Wilken Calitz MUSIEKREGIE Shaun Oelf CHOREOGRAFIE Figure of 8 Dance Theatre, in samewerking met die geselskap BELIGTINGSONTWERP Nell van der Merwe VERHOOGBESTUURDER Eddie Newman PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts VERVAARDIGER Figure of 8 Dance Theatre
Jy word vanjaar uitgenooi om jou plek aan die tafel in te neem vir The Reservation – ’n gewaagde, meesleurende dansteaterproduksie wat ’n spieël vir ons sosiale gewoontes en begeertes voorhou. Hierdie gesinsvriendelike opvoering gaan beslis jou eetlus prikkel.
Gevestig in die uitdagende wêreld van ’n bedrywige restaurant in die stad, bots borde en politiek, terwyl ’n à la carte-dis van beweging en betekenis bedien word. Dit is ’n ruimte waar vreemdelinge ontmoet, geliefdes stry en families herenig, terwyl kelners tussen werklikhede wals – ’n plek waar die kliënt altyd reg is... en die sjef altyd bedonderd. Dis ’n paradys vir smaakmakers, waar selfies flits en geregte blink.
Afrikaans en Engels • Gesin OB • 60 min.