Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Drama
MET Chris van Niekerk en Joanie Combrink TEKS EN STELONTWERP Francois Toerien REGIE Juanita Swanepoel KOSTUUMONTWERP Stephanie Hough VERHOOGBESTUURDER Gaerin Hauptfleisch PRODUKSIEBESTUURDER Charl Faurie VERVAARDIGER Jean Meiring
In die vyftigs word Peter Blum geloof as die belangrikste digterstem van die dekade, maar sommige vind sy werk “dekadent” en praat van ’n “maaierkultus” in die verskuns. In 1960 verruil hy en sy vrou, Hetta, Suid-Afrika vir Engeland. “Uit walging,” skryf hy. Hy keer sy rug op die skryfkuns, besoekers is weinig en Hetta se geestestoestand raak wankelrig.
J.C. Kannemeyer skryf: “Enige mens sal na ’n lewe lank saam met Blum mal geword het.” Met brontekste wat briewe en verse van Peter en Hetta insluit, trap ons in die spore van ’n sonderlinge figuur van ons letterkunde.
Afrikaans • Geen o. 13 T • 75 min.