Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Anna Davel en Ilse Klink in Harmonie

Anna Davel en Ilse Klink in Harmonie

Anna Davel en Ilse Klink in Harmonie

from 30 Mar 2026 10:00

About

DEBUUT

Kontemporêre musiek

MET Anna Davel, Ilse Klink en JJ Petersen TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Anna Davel MUSIEKREGIE JJ Petersen

Musiek kan die siel sus en ’n boodskap van hoop en herstel bring. Dit dring soms met sagte note en melodieë die dieptes van ons wese binne, of dit kan woorde wat te lank ongesê is laat opstaan en ’n stem wat stil was laat brul soos ’n leeu. Twee vroue wat al vir jare stories vertel deur middel van musiek, film, teater, televisie en sang, span kragte saam om die tema van hoop te verken.
Liedjies wat hulle op ’n persoonlike vlak raak, wat hulle deur uitdagings geïnspireer het, of sosiale kwessies takel waaroor hulle sterk voel, word gehoor. Elke lied is ’n reis deur tyd en ruimte, ’n brug tussen drome en werklikheid. Dit kan dalk herinner aan die nostalgie van ons jeug, of die skaduwees van verliese wat ons harte steeds saamdra. Musiek verken die verband tussen mense, plekke en dinge waaruit ons inspirasie put.

’n Ko-produksie van die KKNK en Suidoosterfees.

Afrikaans en Engels • Gesin • 75 min.

Venue

Absa Studio (Langenhovenweg)  Location on Google Maps

Anna Davel en Ilse Klink in Harmonie

30-MAR-2026 10:00

R160 - R200

31-MAR-2026 13:00

R160 - R200