Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

PLEKTRUM

PLEKTRUM

About

DEBUUT

Musiekteater

MET Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock en Peter Auret TEKS EN REGIE Ingrid Howard MUSIEKREGIE Mauritz Lotz VERVAARDIGER Tale Be Told Productions

Die Mauritz Lotz-verhaal. Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4 000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammys. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van hierdie legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Mauritz Lotz lig vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent.
PLEKTRUM is ’n intieme, persoonlike en outentieke produksie waarin hy vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Kom ontmoet die mens agter die kitaar en vind uit van sy ongemaklike andersheid, sy deurlopende inspirasies, eie perspektiewe, komplekse lewe, insiggewende lewensfilosofie en drome – die genie met die plektrum in die hand. Die musikante wat met hom die verhoog deel is die room van ons bedryf.

Moontlik gemaak deur die KKNK.

Afrikaans • Gesin • 75 min.

Venue

Die Windpomp ( Cowleylaan )  Location on Google Maps

December 2026

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31