Spesiale ervaring
AANGEBIED DEUR Buffelsdrift Game Lodge
Oudtshoorn se eie Buffelsdrift Game Lodge vier in September 2025 hul 20ste bestaansjaar. Die Olifant-en-ontbyt-ervaring is die perfekte geleentheid om dit tydens die KKNK saam met die lodge te vier. Geniet ’n buffet-ontbyt in die restaurant en beleef ’n wonderlike ervaring saam met die drie grootpote, Malaika, Bulelo en Jabari. Word meegevoer deur die aangrypende verhaal van drie wees-Afrika-olifante wat ’n gelukkige tuiste by Buffelsdrift Game Lodge gevind het. Persoonlike interaksie met die olifante en hope fotogeleenthede is deel van hierdie ervaring.
Afrikaans en Engels • Gesin • 120 min.