In Jou Ma Se Platespeler kyk ons na Afrikaanse musiek deur die oë van die nederige platespeler, teen die agtergrond van veranderende musiektegnologie en die veranderinge in ons land wat ’n nuwe stem aan Afrikaanse kunstenaars gegee het. Al die treffers sedert 1930 – jou ouma se plate, jou pa se kassette, jou klasmaat se CD’s, jou kind se Spotify-speellys ... dis alles hier.