In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte saam te leef en met woorde te baklei. Hoe sê jy “ek’s lief vir jou” as taal self gevaarlik geword het? Hierdie ontroerende stuk ondersoek wat liefde, vryheid en die krag van ’n mens se stem binne beperkings beteken.