MET Sophie Joans TEKS Sophie Joans MUSIEK Ryan Stopforth VERHOOGBESTUURDER Cailyb Prinsloo VERVAARDIGER Spark in the Dark
Netphlix is ’n vinnige, hoogs energieke satire van aanlyn stroomreuse. Sophie Joans, bekroonde teatermaker en komediant, gebruik improvisasie, fisieke teater, komedie en sketse om lewe te gee aan al jou gunsteling- aanlyn reekse. Met slegs ’n handvol rekwisiete en een stoeltjie, nooi sy ook lede van die gehoor om deel te word van die chaos op die verhoog.
Ondersteun deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport.