MET Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk TEKS, REGIE, MUSIEK EN CHOREOGRAFIE Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk
’n Satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Die stuk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaans-sprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en ’n voorliefde vir die akuut – niks hier is heilig (of veilig) nie. ’n Karatewater-konkoksie van sketse, musiek, dans en parodieë. Benoem vir die Kanna vir beste komedie én beste Blitsteater-aanbieding by die KKNK in 2025.