MET Margit-Meyer Rödenbeck en Coenraad Rall TEKS EN REGIE Jurgen Human MUSIEKREGIE Coenraad Rall VERVAARDIGER Arena Produksiehuis
Soos ons ouer word is meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. En dié wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ’n Halwe waarheid in die 50’s, word ’n voldonge feit 50 jaar later. ’n Wolhaarstorie word ge-“blow-dry” tot ’n manjifieke “beehive”, en ’n besope “one-night stand” verander jare later in ’n pragtige kortstondige romanse.