MET Leslie Javan, Francois Afrika, Kurt Bowers, Eugene Ackerman, Elton (Speed) Cupido en Llewellyn Adonis MUSIEK EN VERVAARDIGER Leslie Javan KLANKINGENIEUR Burton Reid VIDEOGRAAF Ryk Keyser VERHOOGBESTUURDER Faren Esau
Leslie Javan is terug op die verhoog ná ’n stilte van agt jaar. In dié tyd het hy gewerk as komponis aan klankbane vir teater, televisie en rolprente, maar ook aan sy nuwe album, Strate van my hart, wat nuwe musiek bevat. Hierdie produksie sluit musiek van die nuwe album, asook ou gunstelinge in.