MET Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete en Gantane Kusch TEKS EN REGIE Carla Smith STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz VERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis PRODUKSIEBESTUURDER Cole Wessels VERVAARDIGER KKNK
Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorg, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: Van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van die mensdom wat hopeloos te swaar is vir sy nuwe skouers om te dra.