MET Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Rolanda Marais, Tinarie van Wyk Loots, Carla Smith en Geon Nel TEKS Tom Lanoye OORSPRONKLIKE TITEL Atropa: de wraak van de vrede REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson STELONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis VERVAARDIGER KKNK
In ’n wêreld verskeur deur oorlog, ongelykheid en die nalatenskap van kolonialisme, tref Atropa soos ’n pyl in jou vlees. Die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye se herbesinning oor die Trojaanse oorlog is nie net ’n hervertelling nie – dit is ’n radikale aanklag teen die hedendaagse magsug, patriargie en die politiek van geweld.