MET Brandon October en ander TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Brandon October
Almal weet hoe dit voel om te wag, om voor te berei, te hoop, en te wonder of die regte oomblik ooit sal kom. Voor die gordyn oopgaan vertel Brandon October se verhaal, met liedjies en kunstenaars wat hom gevorm het, oorspronklike musiek en nuwe liedjies wat spesifiek vir hierdie vertoning geskryf is. Dit gaan oor invloede wat rigting gee, lesse agter die skerms, en die stille geduld van ’n kunstenaar wat sy ambag slyp. As jy al gewag het vir jóú beurt, sal dit jou raak – eenvoudig, eerlik en intiem.