MET Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock en Peter Auret TEKS EN REGIE Ingrid Howard MUSIEKREGIE Mauritz Lotz VERVAARDIGER Tale Be Told Productions
Die Mauritz Lotz-verhaal. Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4 000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammys. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van hierdie legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Mauritz Lotz lig vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent.