MET Sbuja Dywili en Aphelele Mkumbuzi TEKS EN VERTALING Sibuyiselo Dywili REGIE Siphenathi Siqwayi MUSIEK Culvas Creatures, Mphozisi Qalekiso VERHOOGBESTUURDER Uyanda Kiva VERVAARDIGER Spark in the Dark
Twee jare lange vriende besluit om ná sewe jaar waarin hulle mekaar nie gesien het nie weer te ontmoet. Tydens hierdie herontmoeting word die verskille tussen die twee al hoe duideliker en geheime wat lank bewaar is, kom na vore. Beloftes word verbreek en dit lyk asof hul kosbare vriendskap tot ’n einde gaan kom.