MET Lidi de Waal en Petronel Baard TEKS Lidi de Waal REGIE EN MUSIEK Petronel Baard VERVAARDIGER Lang Vrou Produksies
’n Unieke en hartroerende produksie met ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Humor en emosie word haarfyn gebalanseer en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking. Volgens Lidi is dit ’n “snaakse, sad, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self.”